top of page

​OORWINNING OOR SONDE -

 

"Sonde maak wonde", nie waar nie? Jy is hier omdat jy dit self ervaar. Oorwinning oor sonde behoort die belangrikste prioritiet in ons lewens te wees. Ons moet egter die probleem van sonde op die regte manier aanspreek - nie in menslike krag nie! Om dit te doen moet die eerste stap in die sondaar se lewe wees om God se geskenk van verlossing aan te neem - werk eers deur die REDDING studie. Wanneer die sondaar God se GESKENK van genade aangeneem het word sonde oorwinning die effek van 'n lewe waar geestelike groei en heiligmaking die pad is waarop die gelowige daagliks wandel - werk deur die GEESTELIKE GROEI studie. As beleide gelowige in Jesus Christus se verdienste kan ons nou die probleem van sonde in die Christen se lewe van nader beskou en leer hoe om dit deur God se wonderwerkende krag te oorwin. Mag hierdie studie vir jou tot seën wees!

Voor jy hierdie onderwerp verder bestudeer is dit krities belangrik om eers te verstaan:

DRIE EENVOUDIGE STAPPE OM ENIGE SONDE TE OORWIN!

Jy kyk dalk na hierdie opskrif en dink “Regtig? Daar is geen manier wat sonde in drie eenvoudige stappe oorwin kan word nie!?” Hou moed en studeer verder!

Weet dit: Wat jou ervaring van sonde ookal is, waardeur jy ookal nou gaan, hoe lank jy ookal met sonde worstel, watookal jy al probeer het om sonde te oorwin, verstaan dit: God het nie Sy Eniggebore Seun na hierdie wêreld gestuur; Homself aan die mens kom openbaar; vir jou sondes 'n duur prys kom betaal; die Vyand kom uitklee; verlossing deur Sy gestorte bloed kom bewerk; Sy persoonlike teenwoordigheid, Sy Lig en Sy krag deur die Heilige Gees op die mens kom uitstort; jou na Hom kom trek deur Sy liefde; net om jou in jou sonde so te los en nie jou die oorwinning oor jou sondes te gee wat Hy juis kom bewerkstellig het nie! Nee my vriend, DIT IS 'N LEUEN! Oorwinning oor sonde is ‘n werklikheid, dit is nie ‘n leë belofte nie. Skep hoop want sonde oorwinning is in jou bereik! Die antwoord om sonde te oorwin is eenvoudig!


Wat sal ons dan van hierdie dinge sê? As God vír ons is, wie kan teen ons wees? Hy wat selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het, hoe sal Hy nie saam met Hom ons ook alles genadiglik skenk nie? Wie sal beskuldiging inbring teen die uitverkorenes van God? God is dit wat regverdig maak. Wie is dit wat veroordeel? Christus is dit wat gesterf het, ja, meer nog, wat ook opgewek is, wat ook aan die regterhand van God is, wat ook vir ons intree.” Romeine 8:31-34

Die "hierdie dinge" in bostaande vers verwys na "die lyding van die teenwoordige tyd". Sonde laat ons ly, nie waar nie? Die wêreld se sonde en veral ons eie sonde het 'n impak op ons lewens maar ons lees dat God steeds "vir ons is" so "wie kan teen ons wees?". Paulus praat van die “neiging of wet na sondigheid” wat in ons liggaam stryd voer teen die “wet van ons gemoed” en verduidelik dat ons gevangenis is van hierdie stryd wat in ons woed maar dan verklaar Paulus hardop in die daaropvolgende verse dat daar genadiglik ‘n sonde-Oorwinnaar, ‘n dood-Oorwinnaar, ‘n Oppergesag Hebber is wat nou vir ons intree! Sy naam is Jesus Christus! Hy tree vir ons in voor God die Vader as ons Ewige Hoëpriester! Hy is die Regter wat oor ons oordeel maar terselfdetyd ook ons Advokaat wat vir ons intree. Hoe genadig is dit nie!? Ons kan nie verlore gaan met Jesus wat vir ons intree nie! Dit is tyd om hierdie waarheid meer te bedink en glo as om die aanklaer te glo wat ons in depressiewe denke probeer vasgevang hou sodat ons nie die Lig van God se woord sal kan sien, inneem en glo nie! Ons is in ‘n geveg vriend! Jesus Christus tree vir jou in! Hy is aan jou kant! Hy hou Sy hand uitgestrek na jou en Hy wil hê dat jy Sy hand moet vat om Hom toe te laat om jou uit jou morsige modder put van sonde bevlektheid uit te red!

God sal genadiglik verlossing oor sonde vir jou skenk as jy daadwerklik na bevryding smag. Ek bid dat jy wat hier lees dit sal glo en biddend verder lees en toepas wat jy hier leer!

“…Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het.” Romeine 8:37

Skep hoop in hierdie fantastiese belofte! Terwyl jy in hierdie toestand nou is sê God dat jy reeds meer as ‘n oorwinnaar is want HY IS LIEF VIR JOU. Sy volkome verlossing is joune en gaan joune wees! Wieookal jy is, waarmee jy ookal worstel en watookal jou versoekings is, soete oorwinning is joune om op te eis en jou eie te maak. Hier en nou!

"Meer as 'n oorwinnaar", ja jy - Al wat jy moet doen is waardeer dit, eis dit op en tree op in dit wat alreeds aan jou behoort in die persoon van Jesus Christus. Jy is verseker van sukses in watookal jou geveg ook mag wees, nie omdat jy goed genoeg is vir die geveg nie – nee, jy is beslis nie! – maar omdat daar masiewe kragtige hemelse oorwinning reserves tot jou beskikking is, in Christus Jesus!


Hier volg drie eenvoudige stappe wat jou sal vry maak van die greep van die mees frustrerende sonde.


1. Noem "Dit" By Die Naam -


Eerlikheid is die voorloper vir oorwinning.


Daar waar jy is, voor God, en in jou eie gewete, noem jou sonde presies soos wat dit is. Staak enige verduidelikings en verskonings. Gaan eenvoudig op jou knieë en bely dat hierdie ding absoluut bots teen God se karakter, dat dit ander seermaak en dat dit jou vernietig. Verwoord die waarheid van die saak, dit is uiters belangrik. Sien dit in die lig van hoe God dit sien: Hy haat sonde. Om dit te doen laat ‘n dieper sensitiwiteit daaroor ontwaak en dit plaas jou hart in ‘n eerlike plek voor God en voor jouself.


Moses gee die volgende instruksie vir Israel: “…as hy [die sondaar] dan aan een van hierdie dinge skuldig is, moet hy bely waar hy teen gesondig het,” Levitikus 5:5


Bely daardie “ding”, daardie spesifieke “ding”, vir dit wat dit werklik is, sonder om terug te hou en sonder enige soort selfregverdiging.


David gee ons ‘n voorbeeld van hoe om totaal eerlik voor God te wees:My sonde het ek U bekend gemaak, en my ongeregtigheid het ek nie bedek nie. Ek het gesê: Ek wil aan die HERE my oortredinge bely; en U het die ongeregtigheid van my sonde vergewe.” Psalm 32:5


Hou op om weg te kruip!...Hou op jok!...Hou op verduidelik!...Vertel eenvoudig net die waarheid.


2. Besluit en Tree Op Teen Hierdie "Ding" -


Daar lê binne jou die God gegewe krag om te besluit. Dit is ‘n krag wat geen mag in die heelal teen kan seëvier nie. Satan self, en al sy onheilige engele, kan nie ‘n man of ‘n vrou laat sonde doen waar die wil daarteen besluit het nie.

Die Bybelse woord vir die beweeg van die menlike wil weg van sonde oor na God se wil is “bekering”. Basies beteken dit die doelbewuste verandering van gedagtes en van rigting. Noem dit ‘n geestelike 180 grade ommekeer.


Die oomblik wat jy ‘n besluit neem teen sonde en begin om in ‘n nuwe morele rigting te wandel, word nuwe neurologiese sinaptiese paaie onmiddelik gevorm. Jou gemoed begin in werklikheid ‘n nuwe vorm aan te neem! Paulus sê jy word in werklikheid “…vernuwe …in die gees van [jou] gemoed” Efe 4:23 (deur die buiging van jou gees se geneigdheid). Soos jy hierdie berouvolle gemoedstoestand aanhoudend in stand hou, word ‘n nuwe mens gevormeer in die beeld van Christus. Nuwe patrone van gedagtes, gevoelens en gedrag word makliker met elke verbygaande dag. Jy raak “geklimatiseerd” aan, en raak tuis in, hierdie nuwe karakter - wat God se karakter is!


…maar nou kom die mees noodsaaklike faktor van alles.


3. Ontvang Krag Oor Die "Ding" -


Maak nie saak hoe eerlik jy jou sonde bely nie, en maak nie saak hoe ernstig jou besluit teen sonde is nie, jou wilskrag bevat nie die ingebore kwaliteite en soort krag wat jy nodig het om te oorwin nie. Vanuit jouself is jy geheel en al bankrot van die morele oemf om oorwinning te kan verkry.


Jy-Kan-Dit-Nie-Self-Doen-Nie! Nie wanneer dit kom by sonde oorwinning nie. So, waar laat dit jou?


Jy het ‘n desperate behoefte aan ‘n krag wat buite jouself en bo jouself is, om in jou morele wese ingestort te word. Jy het ‘n bestendige invloei van ‘n sekere soort krag nodig wat nie ‘n menslike oorsprong het nie. Hierdie krag is nie ‘n geheimsinnige of vae ding nie. Dit is nie ‘n magiese golf van energie of ‘n soort wonderbaarlike goddelike dekreet wat jou bewustheid of vrye wil systap nie.


Heel eenvoudig, die krag wat jy dringend nodig het…wag vir dit…is die Liefde van God!


Paulus sê: “Want die liefde van Christus dring ons, omdat ons van oordeel is, dat as een vir almal gesterf het, hulle dan almal gesterf het; en Hy het vir almal gesterwe, sodat die wat lewe, nie meer vir hulself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en opgewek is.” 2 Kor 5:14-15.

Dit beteken, die liefde van Christus is die krag wat ons beweeg om op te hou om vir onsself te leef en om vir Hom te begin lewe. Die liefde van Christus, alleenlik, is van genoegsame krag om die houvas van sonde, op die mees basiese vlak (naamlik ons natuurlike geneigtheid om vir onsself te leef) te verpletter!

Weereens, Paulus sê: “Want óns verwag deur die Gees uit die geloof die geregtigheid waarop ons hoop. Want in Christus Jesus het nòg die besnydenis nòg die onbesnedenheid enige krag, maar die geloof wat deur die liefde werk.” Galasiers 5:5-6

Eintlik sê Paulus hierso: “Deur die Gees se werking in ons lewens wag ons gretig vir die hoop van geregtigheid deur geloof…geloof wat geaktiveer word deur God se liefde.”


God se liefde is die noodsaaklike energie-gewende faktor in die oorwinnende Christen se lewe. Geen ander krag sal dit doen nie, want geen ander krag kan dit doen nie. God gebruik nie verpligte maatreëls nie...nee, liefde is die agent wat Hy gebruik om sonde uit die hart te verdryf.


Die praktiese vraag is dan dit: As God se liefde die krag is wat ek benodig, hoe verkry ek dit dan? Hoe drink ek dit in? Hoe kry ek God se liefde uitgegiet in my morele wese in? Die Bybel bied ‘n eenvoudige antwoord op hierdie baie belangrike vraag.

 

Paulus sê dat God se liefde toegang vind tot ons lewe deur die kanaal van begrip; menende, deur die rasionele vermoëns van die verstand: “…Om hierdie rede buig ek my knieë voor die Vader van onse Here Jesus Christus … dat Hy aan julle mag gee na die rykdom van sy heerlikheid om met krag versterk te word deur sy Gees in die innerlike mens, sodat Christus deur die geloof in julle harte kan woon, julle wat in die liefde gewortel en gegrond is, en julle in staat kan wees om saam met al die heiliges ten volle te begryp wat die breedte en lengte en diepte en hoogte is, en die liefde van Christus te ken wat die kennis oortref, sodat julle vervul kan word tot al die volheid van God. En aan Hom wat mag het om te doen ver bo alles wat ons bid of dink, volgens die krag wat in ons werk, aan Hom die heerlikheid in die gemeente in Christus Jesus deur alle geslagte tot in ewigheid! Amen." Efe 3:14-21


Paulus is so duidelik hierso! Die interne morele sterkte wat ons benodig is niks anders as die liefde van God, in Christus Jesus. Ons moet "gewortel en gegrond" raak in hierdie liefde. Die manier hoe ons dit doen is deur ons verstand oor te gee aan die taak om God se liefde, gemanifesteer in Christus, te verstaan. Hierdie liefde, wanneer verstaan, is “die krag wat in ons werk”. Hierdie is Paulus se presiese punt.


God se liefde, wanneer volledig ingeneem en verstaan deur die rasionele vermoëns van die verstand en geloof, word hierdie liefde die spier agter die hele ervarings proses van oorwinning oor sonde.” Lees dit weer en weer tot jy dit verstaan en dit glo!

Tot die graad wat jy glo dat – beide intellektueel en emosioneel – die saak van oorwinning oor sonde van jou afhang, gaan jy bly misluk. Aan die ander kant, tot die graad wat jy jou hart oorgee in afhanklikheid aan die liefde van God, gaan jy suksesvol wees. Van self-gesentreerdheid tot God-gesentreerdheid - hierdie is die fundamentele en kritiese paradigma skuif waarvan oorwinning oor sonde afhang. Hang die volledigheid van jou geloofs-vermoeëns hierop, en jy sal meer as ‘n oorwinnaar wees deur Hom wat ons liefhet.


En daar het jy dit – drie eenvoudige (en oneindig kragtige!) stappe om enige en elke sonde te oorwin.

 

Regtig, dit is so eenvoudig en so prakties:
1.    Noem jou sonde in absolute eerlike belydenis voor God.
2.    Maak ‘n doelbewiste bekerings (wils-) besluit teen hierdie sonde.

3.    Ontvang ‘n bestendige intellektuele en emosionele invloei van God se liefde as die bron van krag in oorwinning oor hierdie sonde.


Met hierdie drie eenvoudige geloofs-aksies is daar geen sonde wat jou onder kan kry of onder kan hou nie!

Mag dit ook jou ondervinding wees!

Hoe moet ek my lewe inrig en lei om te deel in die vreugde wanneer Jesus terugkeer? ...

 

bottom of page