AGTERGROND
Afrikaner, 'n groot meerderheid van ons voorvaders is afkomstig oorspronklik vanuit Europa. Hierdie mense is wreed in Europa vervolg vir wat hulle geglo en uitgeleef het.
Die meerderheid van ons Afrikaners stam van die Hugenote af wat gedurende 1688 - 1689 as vlugtelinge uit Frankryk in die Kaap van Goeie Hoop gearriveer het. Die “Hugenote” was Franse Protestante wat uit Frankryk gevlug het omdat die "Amptelike" kerk, van die dag, hulle as ketters bestempel het en wreed vervolg het. Die "Amptelike" kerk (die Rooms-Katolieke kerk) het hierdie Protestante aangekla dat hulle “afgedwaal het” vanaf die “ware geloof” soos deur die heersende Katolieke Pousdom bepaal is.
WIE WAS DIE HUGENOTE?
Die Hugenote was Franse Protestante wat lede was van die Gereformeerde Kerk wat in 1550 deur Johannes Calvyn gestig is. Die oorsprong van die naam Hugenoot is onseker maar dateer uit ongeveer 1550, toe dit gebruik is in hofsake teen die "ketters" (afgewekenes van die Rooms Katolieke Kerk). As skimp- en skeldnaam is dit selfs verbied deur Hendrik IV (Hendrik van Navarre, wat self vroeër 'n Protestant was) in regulasies wat aan die Edik van Nantes in 1598 gekoppel was. Die Franse Protestante self het aanvanklik niks van die woord gehou nie, en verkieslik na hulle self as "réformees" (gereformeerdes) verwys. Dit was heelwat later dat die naam "Hugenoot" 'n erenaam geword het.
As Protestante het die Hugenote gestaan vir: Die Bybel alleen, Genade alleen, Geloof alleen, Christus alleen en Heerlikheid aan God alleen.
'n Algemene Edik wat die uitroei van die Hugenote aangespoor het, is op 29 Januarie 1536 in Frankryk uitgereik. Op 1 Maart 1562 is ongeveer 1200 Hugenote vermoor by Vassy in Frankryk. Dit was die begin van die Godsdiensoorloë wat Frankryk uit mekaar geskeur, verwoes en bankrot gemaak het vir die volgende drie dekades.
Gedurende die berugte St Bartholomeusnag van 23/24 Augstus 1572 is meer as 8000 Protestante, insluitende Admiraal Gaspard de Coligny, Goewerneur van Picardy en leier en spreekbuis van die Hugenote, in Parys vermoor. Dit het geskied tydens die huwelik van Hendrik van Navarre, 'n Hugenoot, met Marguerite de Valois (dogter van Catherina de Medici), toe duisende Hugenote in Parys saamgetrek was vir die huweliksfees.
St Bartholomeusnag massamoord, 1572
Catharina de Medici wandel deur Parys se strate en inspekteer die dooies
Dit was Cathararina de Medici wat haar swakkeling-seun, Karel IX, oorreed het tot die massamoord, wat drie dae geduur en na die platteland versprei het. Op Sondagoggend 24 Augustus 1572 het Catharina self deur Parys se strate gewandel om inspeksie van die dooies te hou. Hendrik van Navarre se lewe word egter gespaar, danksy die feit dat hy voorgee om die Rooms Katolieke geloof aan te hang. In 1593 besluit hy om die Rooms Katolieke geloof te aanvaar, en 5 jaar later is hy as koning Hendrik IV (le bon Henri - goeie Hendrik) die onbetwisde heerser van Frankryk gekroon.
Toe die eerste gerugte van die massamoord op St Bartholomeusnag die Vatikaan in Rome op 2 September 1572 bereik, was pous Gregorius XIII jubelend en wou hy vreugdevure in Rome laat aansteek. Hy is oorreed om te wag vir die amptelike bevestiging van die nuus; dieselfde oggend van die dag waarop hy die bevestigende nuus ontvang het, het hy 'n dankdiens gehou en aangekondig dat "dit God behaag het om ons barmhartig te wees".
Karel IX
Pous Gregorius XIII
Hy en die kardinale het vervolgens na die St. Markus-kerk verdaag om 'n Te Deum aan te hef, en het gebid en gebede versoek dat die Mees Christelike Koning van Frankryk sy hele koninkryk mag verlos en reinig van die Hugenote plaag.
Op 8 September 1572 is 'n dankseggings-optog in Rome gehou. Die pous het, in 'n gebed na afloop van die mis, God gedank dat hy "die katolieke bevolking 'n glorieryke oorwinning oor 'n verraderlike ras" gegee het (gloriosam de perfidis gentibus populo catholico loetitiam tribuisti).
Gregorius XIII het Vasari opdrag gegee om tonele in een van die Vatikaan se lokale te skilder van die triomf van die Mees Christelike Koning oor die Hugenote. Hy het 'n medalje laat slaan waarop die engel van verdelging die Hugenote met die swaard uitwis, met die inskripsie: Hugonottorium strages (Hugenote samesweerders).
In Frankryk self het die Franse owerhede bevel gegee dat 'n beeltenis van Admiraal de Coligny verbrand en dankgebede opgestuur en dankseggings-optogte jaarliks op 24 Augustus gehou word, uit dankbaarheid dat God die katolieke die oorwinning oor die Hugenote gegee het.
Die Edik van Nantes is op 13 April 1598 deur Hendrik van Navarre onderteken, wat 'n einde gebring het aan die Godsdiensoorloë. Die Hugenote was toegelaat om hul godsdiens te beoefen in 20 gespesifiseerde Franse vrystede. Frankryk is verenig en 'n dekade van vrede het gevolg.
Nadat Hendrik van Navarre egter in 1610 vermoor is, is die vervolging van die "afvalliges" egter weer in alle erns begin onder leiding van Kardinaal Richelieu. Die Hugenote se vrystede het die een na die ander verlore gegaan nadat dit deur kardinaal Richelieu se magte verower is, en die laaste vernaamste en sterkste vesting, La Rochelle, is in 1629 na 'n maandlange beleg prysgegee.
Hendrik van Navarre, eertydse Hugenoot, later Hendrik IV
Kardinaal Richelieu, wat die Hugenote met mening vervolg het
Lodewyk XIV het sy leuse l'état c'est moi (ek is die staat) begin uitleef, en die berugte dragonnades ingestel waardeur dragondersoldate by Hugenote-gesinne ingeboek is. Hy het met 'n beleid van une foi, un loi, un roi (een geloof, een wet, een koning) die Edik van Nantes op 22 Oktober 1685 herroep. Die grootskaalse vervolging van Hugenote het opnuut en met groter felheid begin. Protestantse kerke en die huise van "hardnekkiges" is afgebrand en afgebreek, en hul psalmboeke en Bybels is verbrand. Baie Hugenote het op die brandstapel gesterf. Emigrasie is onwettig verklaar.
Lodewyk XIV
(Die Sonkoning, 1643-1715)
Tonele soos hierdie was algemeen tydens die vervolging van die Hugenote in Frankryk in die sestiende en sewentiende eeu.
Ten minste 200 000 Franse Hugenote het gevlug na lande soos Switserland, Duitsland, Engeland, Amerika, en Suid-Afrika waar hulle godsdiensvryheid kon geniet. Tussen 1618 en 1725 het tussen 5000 tot 7000 Hugenote vlugtelinge na Amerika uitgewyk.
Tussen 1688 tot 1689 arriveer 'n totaal van 7 skepe in die Kaap van Goeie Hoop. Uitgeput na die twee tot vier maande ter seevaart vanaf Nederland stap die Hugenote vlugtelinge aan wal met slegs die minimum bagasie. Manne, vroue en kinders met vanne onder meer: Blignaut, Cilliers, De Klerk, De Villiers, Du Plessis, Du Preez, Du Randt, Du Toit, Duvenhage, Franck, Fouché, Fourie, Gervais, Giliomee, Gous/Gouws, Hugo, Jordaan, Joubert, Kriek, Labuschagne, Le Roux, Lombard, Malan, Malherbe, Marais, Maree, Minnaar, Nel, Naudé, Nortje, Pienaar, Retief, Rossouw, Taljaard, TerBlanche, Theron, Viljoen en Visagie.
Selfs voor hierdie groottskaalse emigrasie het individuele Hugenote vlugtelinge soos Francois Villion (1671) en die broers François en Guillaume du Toit (1686) hulle aan die Kaap van Goeie Hoop gevestig. Teen 1692 was 'n totaal van 201 Franse Hugenote aan die Kaap woonagtig. Die meeste van hulle het hulself gevestig in die omgewing van die huidige dorp Franschhoek, sowat 70 km vanaf Kaapstad, waar vele van die plase nog hul oorponklike Franse naam dra.
'n Eeu later het die promulgering van die Edik van Verdraagsaamheid op 28 November 1787 die burgerlike en godsdienstige regte van die Hugenote in Frankryk gedeeltelik herstel.
Nagenoeg 325 (plus) jaar het verloop sedert die eerste Hugenote vlugtelinge in Suid Afrika gearriveer het. In hierdie tyd het die Hugenote ’n blywende impak op die land gehad. In die boek "Die Hugenote van Suid-Afrika 1688-1988" stel prof. Pieter Coertzen dit só: “Die invloed en nalewing van die Hugenote op die gebied van godsdiens, vryheid van geloof, kultuur en landbou, het tot vandag toe bly voortbestaan in Suid-Afrika.”
Die Hugenote-monument in Franschhoek, Wes-Kaap, Suid-Afrika.
Die sentrale vroulike figuur verpersoonlik godsdiensvryheid, met 'n bybel in die een hand en 'n gebreekte ketting in die ander.
GODSDIENSVRYHEID IN GEDRANG!
Die simboliek van die Hugenote Monument in Franschhoek vergestald aspekte van die geskiedenis van ons voorvaders se stryd, maar ook die rus wat hulle gevind het weg van godsdienstige vervolging.
-
Die vroulike figuur met 'n Bybel in haar regterhand en 'n gebreekte ketting in haar linkerhand simboliseer vryheid van godsdiens. Sy gooi die mantel van verdrukking af en staan bo-op die aarde in geestelike vryheid en kyk na 'n toekoms vol optimisme en hoop.
-
Die waterdam, wat die kolonnade daaragter weerspieël, gee uitdrukking aan die ongestoorde gemoedsrus en geestelike vrede wat die Hugenote-vlugtelinge in Suid-Afrika verkry het nadat hulle dodelike godsdienstige vervolging in Europa beleef het.
Die godsdienstige vryheid, die gemoedsrus en die geestelike vrede wat ons vandag nog kan geniet is tedanke aan hierdie hervormers en protestante wat erge vervolging beleef het en daarom 'n streng beleid ingestel het wat die magte van die kerk beperk het in die dat die kerk nie by die staat sou kon inmeng nie. Die skeiding van kerk-en-staat beleid sou vryheid van godsdiens beteken vir alle burgers in die land, maak nie saak watter godsdiens jy VOLGENS JOU GEWETE sou wou beoefen nie.
Hierdie wonderlike godsdiensvryheid is egter in gedrang. Hierdie stryd kom 'n lang pad maar ons is op die vooraand om weer voorgesê te word hoe om ons geloofsoortuigings uit te leef.
In 'n Facebook plasing (sien hier) wys ons hoe die godsdienstige wêreldleiers op Sondag 13 November 2022 op die berg Sinai saamgekom het om 'n nuwe stel "10 gebooie" rakende die ekologie uit te vaardig. Hierdie nuwe ekologiese wette, wat die "etiese en morele standaard" verteenwoordig van al die bewoners van die aarde, gaan deur die regerings van die lande binnekort in wetgewing inbring, of ons daarmee saamstem of nie! Hiermee word die skeidsmuur tussen kerk-en-staat netjies omseil, en morele gedrag, waarvan sommige wette indruis teen Bybelse morele waarhede, word dan verpligte landswette.
Die regering gaan hierdie nuwe ekologiese wette afdwing en godsdiensvryheid gaan daarmee in die slag bly, netsoos in die middeleeue. Satan en sy medewerkers werk onverpoost voort om die mensdom te mislei deur ongehoorsaamheid aan die geopenbaarde wil van God te bewerkstellig. Die kudde van God ken egter hul Herder se stem en volg Hom alleen na deur liefdes-gehoorsaamheid aan Sy geopenbaarde wil. (Kyk gerus watter een van God se Gebooie 'n sterk rol in die finale einde speel rakende die merk van die dier.)
Die godsdiens onverdraagsame donkerte wat geheers het gedurende die middeleeue, waartydens Bybel gelowiges vervolg was, gaan binnekort weer 'n groot werklikheid word kort voor Jesus Christus se wederkoms. Leer hoekom 'n duidelike verstaan van die kwessies wat tydens die Hervorming hanteer is lewensbelangrik is vir ons redding vandag. Darkness Before Dawn - Prof Walter Veith. Will Church Unity Be the Death of Protestantism?
ONGELUKKIG PROTESTEER PROTESTANTE NIE MEER VANDAG NIE! (Kyk na die volgende video en sien self)