top of page

7. Jy Mag Nie Egbreek Pleeg Nie -

Daar is ‘n ou grappie oor die Sewende Gebod: “Jy mag nie egbreek nie.”

Dit lui so: Moses kom van die Sinaï-berg af en kondig aan: “Ek het goeie nuus en slegte nuus, die goeie nuus is dat ek Hom afgestry het tot by 10, die slegte nuus is dat egbreek bly…” Die grap is veelseggend!

Die verbod op ‘n getroude persoon om in seksuele verhoudings te verkeer met enige iemand buiten sy of haar gade, mag vir baie mense die mees konstant moeilikste Gebod van die 10 Gebooie wees om te onderhou.

Die rede is nie moeilik om te raai nie.

a.   Een is die enorme krag van die seksdrang. Dit kan baie moeilik wees om in lyn te bly vir jou totale getroude lewe, veral as ‘n aantreklike buitestaander hom of haarself seksueel aan jou beskikbaar stel.

b.   Nog ‘n rede is die menslike begeerte om lief te hê en liefgehê te word. Vir normale mense is daar geen groter emosie as liefde nie. As jy verlief raak op iemand terwyl jy getroud is, neem dit groot inspanning om nie egbreek met daardie persoon te pleeg nie. As ons daarby voeg die ongelukkige omstandighede van ‘n liefdelose huwelik, word egbreek nog moeiliker om te weerstaan. Dit is hoekom die grap waarmee ek begin het snaaks is, want dit reflekteer die waarheid.

 

Hoekom word egbreek in die 10 Gebooie verbied?

  • Want, soos die ander nege, is dit onmisbaar in die skep en onderhouding van ‘n hoër beskawing. Egbreek bedreig die boublokke van die beskawing wat die 10 Gebooie na streef om te skep. Daardie boublok is die FAMILIE - ‘n getroude vader en moeder met hul kinders.

  • Enigiets wat die familie-eenheid bedreig, word in die Bybel verbied. Egbreek is een voorbeeld. Om nie jou ouers te eer nie is nog ‘n voorbeeld, en bloedskande ‘n derde voorbeeld.

 

Waarom is die familie so belangrik?

  • Want daarsonder is sosiale stabiliteit onmoontlik. Daarsonder is die oordrag van die beskawing se waardes van generasie tot generasie onmoontlik.

  • Want toewyding aan ‘n vrou en kinders maak ‘n man meer verantwoordelik en volwasse.

  • Want meer as enigiets anders verskaf families aan vrouens hul diepste emosionele en materiële behoeftes.

  • En niks kom naby die familie om kinders veiligheid asook stabiele kinderjare te gee nie.

 

Waarom bedreig egbreek die familie?

  • Die mees voor die handliggende rede is dat seks met iemand anders as jou gade, maklik kan lei tot een of beide gades wat hul huwelike verlaat en twee huwelike verwoes agterlaat. Egbreek lei nie outomaties tot egskeiding nie maar gebeur wel dikwels.

  • Nog ‘n rede hoekom egbreek ‘n familie kan verwoes: Dit kan lei tot swangerskap en dan tot die geboorte van ‘n kind. Daardie kind, in amper al die gevalle, begin die lewe met geen familie, menende geen vader en moeder wat met mekaar getroud is om sy eie te noem nie.

  • Sou egbreek nie ‘n familie verwoes nie sal dit amper altyd verskriklike skade aan ‘n huwelik berokken. Buiten van die gevoel van verraad en die verloor van vertroue wat dit veroorsaak, beteken dit die eggenoot wat egbreek pleeg, lewe ‘n bedrieglike lewe. Wanneer ‘n man of ‘n vrou seks met iemand anders behalwe hul gade het, sal hul gedagtes konstant gaan oor daardie ander persoon, en hoe om hul gade te bedrieg. Die lewe van misleiding wat ‘n egbrekende verhouding behels, sal onvermydelik skade aan ‘n huwelik berokken, selfs sou die bedriegde gade nie bewus wees van die verhouding nie.

  • Laastens, die Gebod wat egbreek verbied, kom nie met ‘n voetnota wat sê: “Egbreek is reg sou beide gades daaroor saamstem nie”. Gades wat buite-huwelikse seks het met die toestemming van hul man of vrou, mag dalk nie hul gade se gevoelens seermaak nie maar hulle verrig steeds skade aan die huweliks-instelling. Die rede vir hierdie Gebod is om die FAMILIE te beskerm en nie soseer die beskerming van die gades se emosionele pyn nie.

  • Ongelukkig is baie huwelike in die moeilikheid en dit is nie vir enigeen van ons om ander se optredes te oordeel nie. Niemand weet wat aangaan in ander se huwelike nie, en sou ons weet, sou ons heel moontlik verstaan het waarom die een of die ander liefde buite die huwelik gesoek het. Maar, geen hoër beskawing kan geskep word, of staande bly wat egbreek goedkeur nie. DIT is hoekom egbreek in die 10 Gebooie verbied word!

'n Liefdesverklaring: "Omdat ek U liefhet, is dit nie moeilik om aan my lewensmaat getrou te wees nie. Omdat U ’n plek in my huwelik het, is ons vir mekaar lief en sal U ons geluk in U hande bewaar en vashou!"

bottom of page