top of page

3. God Se Naam Misbruik Nie -

Is daar so iets soos die grootste sonde? Een sonde wat groter is as al die ander? Wel daar is. Ja, sommige mense verskil hieroor - Hulle verklaar mense kan geen sonde groter as enige ander sonde verklaar nie want, sê hulle, “vir God is ‘n sonde ‘n sonde”.

Volgens hierdie beskouing is ‘n persoon wat ‘n pen by die kantoor steel net so groot sondaar in God se oë soos iemand wat ‘n moord pleeg. Maar die meeste mense instinktiewelik, sowel as Bybels, verstaan dat sekere sondes duidelik erger is as ander. Ons is seker dat God darem dieselfde oortuigings het as wat ons het.

Die God van Judaïsme en Christendom stel nie die steel van ‘n kantoor- item gelyk aan moord nie. Daarom dan, wat is die grootste sonde? Die grootste sonde is om boosheid te pleeg in God se naam. Hoe weet ons dit? Die Derde Gebod van die 10 Gebooie maak dit duidelik! Hierdie Gebod is die enigste van die 10 Gebooie wat verklaar dat God NIE die persoon vergewe wat hierdie Gebod oortree nie! Wat sê hierdie Gebod:

“Jy mag die Naam van die HERE jou God nie ydellik gebruik nie, want die HERE sal die een wat sy Naam ydellik gebruik, nie ongestraf laat bly nie.”

Die meeste mense dink, verstaanbaar, dat die Gebod ons verbied om God se naam op ongepaste wyse of vir geen goeie rede sal uitspreek nie. So, iets soos: “God, did I have a rough day at work today!” is, volgens hulle, ‘n oortreding van God se Derde Gebod. Hierdie interpretasie veroorsaak ‘n werklike probleem - Dit beteken dat God die oortreding van enige ANDER sonde kan vergewe (oneerbiedig wees teenoor ouers, egbreek pleeg of selfs moord), maar Hy sal nooit iemand vergewe wat sê “God, did I have a rough day at work today!” Kom ons wees eerlik, as dit die geval is, sal dit God en die 10 Gebooie moreel onverstaanbaar maak.

Soos dit is, is die probleem NIE die Gebod nie maar die vertaling van die Gebod. Die Hebreeuse oorspronklike teks sê nie “do not take”, dit sê eerder “do not carry”. (Die Afrikaanse vertalings sê “gebruik” of “misbruik”, en is korrek vertaal.)

“Jy sal nie die Naam van die HERE jou GOD misbruik nie” – dit is baie nader aan die oorspronklike bedoeling.

Wat beteken dit om God se Naam te misbruik? Dit beteken om boosheid te pleeg in God se Naam, en DIT sal God hulle nie vergeef nie. Hoekom nie? Wanneer ‘n ongelowige persoon boosheid pleeg, dan bring dit nie God of godsdiens in oneer nie. Maar wanneer ‘n godsdienstige persoon boosheid pleeg, veral in God se Naam, dan pleeg hulle nie net boosheid nie, hulle doen verskriklike skade aan die Naam van God. In ons tyd is daar ‘n voorbeeld daarvan. Die boosheid wat gepleeg word deur Islamiete wat mense martel, terreurdade pleeg, mense se kele afsny, massamoord pleeg, ALLES in die Naam van God. Dit doen verskriklike skade aan die Naam van God. Dit is nie toevallig nie dat wat genoem word “die nuwe Ateïsme”, die grootskaalse ontploffing van Ateïs-aktivisme, plaasgevind het na die 9-11 terreur-aanvalle op Amerika deur Islam terroriste.

Om die waarheid te sê, die mees algemene argument teen God en godsdiens handel oor boosheid wat gepleeg word in God se Naam, of dit nou gepleeg word in die naam van Allah vandag of in die Naam van Christus in die verlede. Mense wat in die Naam van God moord pleeg, maak nie net hul slagoffers dood nie, hulle maak God ook “dood”.

Dis waarom die grootste sonde “godsdienstige boosheid” is. Dit is waarom die Derde Gebod daar is om te leer “moenie God se Naam misbruik nie” want sou jy dit doen, sal God jou nie vergewe nie!

'n Liefdesverklaring: "Omdat ek U liefhet, gebruik ek nooit U naam as ’n vloekwoord oor my lippe nie, maar in alle omstandighede eerbiedig en respekteer ek U Naam!"

bottom of page