Maar wanneer jy bid...
DAG 3 — WEES SPESIFIEK
“En as julle bid, gebruik nie ‘n ydele herhaling van woorde soos die heidene nie, want hulle dink dat hulle deur hul baie woorde verhoor sal word. Moet dan nie soos hulle word nie, want jul Vader weet wat julle nodig het voordat julle Hom vra.” (Mattheus 6:7-8)
Bid Spesifiek
Ons seun, Ovidiu, het 'n huis teen 'n uiters lae prys gekoop, maar die huis was in 'n swak toestand enredelik klein. Hy moes dit opknap en aanbou om aan sy gesin se behoeftes te voldoen. Bou materiaal pryse het egter aansienlik gestyg. Hy het herhaaldelik genoem dat hy waarskynlik nie die werk sou kon voltooi nie weens 'n gebrek aan finansies.
Ek het Ovidiu gevra om sy behoeftes na God te bring omdat God vir ons omgee. Hy het geantwoord dat hy oor die algemeen oor die huis en finansies gebid het.
Ek het hom toe gevra om baie spesifiek in gebed te wees, om een behoefte op 'n slag na die Here te bring, om nie vandag te bid vir wat hy volgende maand of môre nodig het nie, maar om vandag te bid vir die behoefte van vandag. God antwoord spesifiek op spesifieke versoeke. God verhoor nie generiese gebede nie.
Moenie na God gaan en sê, "Here, red my bure nie." In plaas daarvan, kan u sê, "My Vader, ek tree in vir my buurman Johannes. Raak asseblief sy hart aan. Gee my ook asseblief wysheid en geleenthede om 'n vriendskap met hom te bou en hom te bereik met die goeie nuus van die evangelie."
In Markus 10:47 lees ons van Bartimeus wat Jesus om hulp vra. Hy roep uit, "Jesus, Seun van Dawid, wees my genadig!" Dit is 'n generiese versoek. In vers 51 vra Jesus hom om spesifiek te wees: "Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen?" Bartimeus antwoord: "Rabbóni, dat ek mag sien."
Terug na my storie - ons seun het spesifiek begin bid. Hy het God gevra om hom te help om 'n span werkers te vind wat die fondasie van die huis kon grawe. Toe begin hy soek. Al die spanne wat hy gekontak het, was egter maande vooruit geskeduleer, en hulle het almal iewers tussen $18,000 en $22,000 gekwoteer. Uiteindelik het hy daarin geslaag om met een span te onderhandel om die prys tot $ 16,000 te verlaag en die volgende week te begin.
Die leier van die span het gekom, maar die swaar masjinerie het nie opgedaag nie. Nadat hy die hele oggend gewag het, het die leier sy geduld verloor,en gesê hy kan eers oor drie maande weer terugkom, en so is hy daar weg. Ons seun was verpletter. Hy het geen oplossing gehad nie.
Laastens het Ovidiu God spesifiek gevra vir 'n span om vinnig en teen 'n goeie prys die fondasies te grawe. Toe hy klaar was met sy gebed, het sy buurman hom genader.
Buurman: "Hoe gaan dit met jou?"
Ovidiu: "Dit gaan goed. Ek soek net 'n span om die fondasie te grawe."
Buurman: "Wel, ek het 'n span wat nou die fondasie vir my huis grawe. Vra hulle. Miskien kan hulle joune ook doen."
Ovidiu hardloop dadelik langsaan en vra.
Die spanleier het geantwoord: "Wel, aangesien ons reeds hier is met ons toerusting, kan ons jou werk kom doen sodra ons hier klaar is."
Ovidiu: "Kan jy vir my min of meer sê wat dit gaan kos?"
Nadat die spanleier gekyk het, het die hy gesê: "Ek sal dit vir $2,500 doen."
Watter vreugde! Ovidiu het gesien dat God reeds 'n antwoord voorberei het, en Hy het gewag vir Ovidiu om daarvoor te vra.
"Gebed is die uitstorting van ons hart tot God soos tot 'n vriend" (Skrede na Christus, bl. 93). God roep u om 'n oop gesprek met Hom te voer, om u behoeftes op 'n duidelike en spesifieke manier na Hom te bring. Hy wil hê u moet geloof in Hom hê, om 'n antwoord te verwag wat gebaseer is op Sy liefde, wysheid en beloftes. Hy sal op Sy tyd en Sy manier antwoord, maar as u in geloof op Hom wag, sal u weet dat Sy antwoord altyd die beste is.
Kom ons bid saam.
Gebedstyd (30–45 minute)
Alle gebedsgroepe het verskillende maniere om saam te bid. Ons moedig u aan om die volgende 30-45 minute in verenigde gebed deur te bring, op watter manier ook al die Heilige Gees lei. Ons moedig kort gespreksgebede aan (1-3 sinne). Dit laat meer mense toe om verskeie kere te bid.
Hieronder is 'n paar voorbeelde van gebed deur die Skrif gebaseer op die tema. U kan ook deur ander gedeeltes bid en ander onderwerpe in u gebedstyd insluit. Sien die Leiersgids en Wêreldkerk-gebedsversoeke vir gebedsidees.
Bid God se Woord — Mattheus 6:7-8
“En as julle bid, gebruik nie ‘n ydele herhaling van woorde soos die heidene nie, want hulle dink dat hulle deur hul baie woorde verhoor sal word. Moet dan nie soos hulle word nie, want jul Vader weet wat julle nodig het voordat julle Hom vra.”
-
"Gebruik nie ‘n ydele herhaling van woorde nie"
God, leer ons om met U soos 'n Vriend te praat. Soms val ons gebede in eentonige patrone, en dit lyk asof ons woorde nie hoër as die plafon styg nie. Maak ons geestelik wakker! Help ons om die werklikheid van U teenwoordigheid reg langs ons te voel.
-
"Jul Vader weet wat julle nodig het"
Liewe Here, U weet reeds alles van ons. U ken ons vrese, ons verwagtinge, ons sterkpunte en ons swakhede. Ons vra dikwels vir eenvoudige begeertes soos kos of geld of sukses, maar U ken ons diepste behoeftes. Dankie dat die Heilige Gees vir ons intree wat ons woorde nie kan uitdruk nie.
Ons vertrou U om te antwoord op maniere wat ons, ons nie kan voorstel nie!
Meer gebedsvoorstelle
-
Dank en lof: Dank en loof God vir spesiale seëninge en vir Sy goedheid.
-
Belydenis: Neem 'n paar minute vir privaat belydenis en dank God vir Sy vergifnis.
-
Leiding: Vra God om wysheid te gee vir huidige uitdagings en besluite wat u moet maak.
-
Ons Kerk: Bid vir streek- en wêreldkerk behoeftes (sien aparte blad met versoeke).
-
Plaaslike versoeke: Bid vir huidige behoeftes van kerklede, familie en bure.
-
Luister en reageer: Neem tyd om na God se stem te luister en reageer in lofprysing of liedere.
Voorstelle vir Liedere
SDA Hymnal:
-
Standing on the Promises (#518);
-
I Know Whom I Have Believed (#511)
Advent Lofliedere:
-
As ons wandel met God(#223);
-
Heiland ek het u so nodig(#221)
DAG 1 DAG 2 DAG 3 DAG 4 DAG 5 DAG 6 DAG 7 DAG 8 DAG 9 DAG 10