Maar wanneer jy bid...
DAG 10 – LEI ONS NIE IN DIE VERSOEKING NIE
“Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie.”
(Jakobus1:13)
Doen God dit werklik?
God is heilig, Hy is liefde. Hy versoek niemand nie, ons versoek onsself (Jakobus 1:14, 15). Het u al ooit gewonder wat Jesus bedoel het toe Hy in die “Onse Vader” gesê het, "Lei ons nie in die versoeking nie"? Jesus het nie geïmpliseer dat God ons tot sonde versoek nie en ons moet Hom smeek om ons nie daarheen te lei nie.
So, wat beteken dit? Soos in die meeste ander tale, kan woorde meer as een betekenis in Grieks hê. U moet dus na die oorspronklike woord en die konteks daarvan kyk. Die Griekse woord vir "lei" is eisphero. Hierdie vers kan vertaal word as "moenie ons laat gaan nie, moenie ons daar verlaat nie, moenie toelaat dat ons gaan nie." Dit beteken nie om te "uit te lok" nie.
Die Griekse woord vir "versoeking" is peirasmon. Dit kan vertaal word as "beproewing, toets, teëspoed", ens. So die frase "lei ons nie in versoeking nie" kan beteken, "Moet my nie verlaat nie, want alleen sal ek in sonde verval, of bly in die sonde waarin ek reeds beland het" of "As U my toets, moenie my alleen los of moenie my te lank daar los nie, uit vrees dat ek in sonde sal verval."
Soms laat God jou toe of plaas jou in ‘n spesifieke situasies om jou te help om jou hart en geestelike toestand te verstaan, om jou oë oop te maak om te sien hoe jy is en wat jy nodig het. Die Bybel sê dat jy "ellendig en beklaenswaardig en arm en blind en naak is." (Op. 3:17). As jy weet jy is siek, gaan jy na 'n dokter, maar hoe kan jy iets aanspreek waarvan jy nie weet nie?
Wanneer ons sien hoe ons is, besef ons hoe sondig ons is en weet ons dat ons Jesus nodig het.
"Diegene wat die naaste aan Jesus lewe, sien die swakheid en sondigheid van die mens die duidelikste, en hulle enigste hoop is in die verdienste van 'n gekruisigde en verrese Heiland" (Die Groot Stryd, bl. 447).
God het koning Sedekia op die proef gestel (2 Kronieke. 32:31). Spreuke 17:3 sê dat God ons harte toets. Dawid het gebid, "Toets my, Here, en beproef my" (Psalm. 26:2). Petrus sê: “Geliefdes, verbaas julle nie oor die vuurgloed van vervolging onder julle wat tot julle beproewing dien, asof iets vreemds oor julle kom nie" (1 Petrus 4:12).
"As ons sondigheid insien sal dit ons na Hom toe dryf om vergifnis te vra wanneer die siel, onder ‘n besef van sy eie hulpeloosheid, sy hand na Christus uitsteek, sal Hy homself in Sy krag openbaar (Skrede na Christus, bl. 65).
Daarom, "poog ons groot teëstander voortdurend om die bekommerde siel van God af weg te hou" (Prayer, bl. 270 Vry Vertaal. Hy weet dat as ons van God geskei is, ons in sonde sal verval.
In die laaste gedeelte van die “Onse Vader” probeer Jesus die geheim van mag en oorwinning onderstreep. Hy sê dat ons enigste hoop is om altyd in Jesus te wees en Jesus in ons te hê, om nooit van Hom te skei nie, nooit van Hom af weg te gaan nie. "Dit is Christus onder julle, die hoop van die heerlikheid.” (Kollosense. 1:27).
Alleen het ons nie die krag om te verander en 'n nuwe hart te ontwikkel nie. Maar die belofte is duidelik en veilig: "Is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.” (2 Korinthiers. 5:17).
So, hoe kyk u na uself om te sien waar u in u geestelike reis is? Jesus sê ons kan aan ons vrugte weet (Mattheus. 7:16). Hoe produseer jy vrugte? Deur voortdurend met Christus verbind te wees (Johannes. 15:1-5) en vervul te wees met Sy Gees (Galasiers. 5:22, 23).
"'n Belydenis van geloof bring ‘n mens in die kerk, maar die karakter en gedrag toon of hy in verbinding met Christus is" (Koning van die Eeue, bl. 676). En as u voortdurend in Hom bly, hoef u nie te verstaan hoe Hy werk nie; u moet Hom net vertrou. Hy red almal wat na Hom toe kom (Hebreërs. 7:25).
"Al verdediging teen die Bose is die inwoning van Christus deur geloof in Sy geregtigheid." (Koning van die Eeue, bl. 324).
God roep u om sonder ophou te bid, om voortdurend die Naam van die Here aan te roep, om saam met Hom te wandel en in voortdurende bewustheid van Sy teenwoordigheid en totale afhanklikheid van Hom, om nooit van Hom te skei nie. Dit is u enigste krag. En Hy belowe dat as u tot God nader, "Hy tot jou sal nader" (Jakobus 4:8)
Kom ons bid saam.
Gebedstyd (30–45 minute)
Alle gebedsgroepe het verskillende maniere om saam te bid. Ons moedig u aan om die volgende 30-45 minute in verenigde gebed deur te bring, op watter manier ook al die Heilige Gees lei. Ons moedig kort gespreksgebede aan (1-3 sinne). Dit laat meer mense toe om verskeie kere te bid.
Hieronder is 'n paar voorbeelde van gebed deur die Skrif gebaseer op die tema. U kan ook deur ander gedeeltes bid en ander onderwerpe in u gebedstyd insluit. Sien die Leiersgids en Wêreldkerk-gebedsversoeke vir gebedsidees.
Bid God se Woord — Jakobus1:13
“Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie.”
-
“God kan deur die kwaad nie versoek word nie”
Vader, ons dank U dat U Jesus gestuur het om boosheid in ons plek te weerstaan en te oorwin. By U is daar glad nie duisternis nie, net goedheid en lig. Ons weet dat U reeds sonde en die dood oorwin het en dat U ons in U gelykenis gaan verander. Hou ons oë gevestig op U!
-
"Self versoek Hy niemand nie”
Here, bewaar ons asseblief van versoekings wat ons van U kan skei. Leer ons om te vlug van die selfsugtige begeertes wat ons lok, en draai ons oë na U vlekkelose karakter. Help ons om te haat wat u haat en lief te hê waarvoor u lief is.
Meer gebedsvoorstelle
-
Dank en lof: Dank en loof God vir spesiale seëninge en vir Sy goedheid.
-
Belydenis: Neem 'n paar minute vir privaat belydenis en dank God vir Sy vergifnis.
-
Leiding: Vra God om wysheid te gee vir huidige uitdagings en besluite wat u moet maak.
-
Ons Kerk: Bid vir streek- en wêreldkerk behoeftes (sien aparte blad met versoeke).
-
Plaaslike versoeke: Bid vir huidige behoeftes van kerklede, familie en bure.
-
Luister en reageer: Neem tyd om na God se stem te luister en reageer in lofprysing of liedere.
Voorstelle vir Liedere
SDA Hymnal:
-
Day by Day (#532);
-
Trust and Obey (#590);
-
Draw Me Nearer (#306)
Advent Lofliedere:
-
As ons Volg en Vertrou(#223);
-
Ek is Uwe Heer(#235)
DAG 1 DAG 2 DAG 3 DAG 4 DAG 5 DAG 6 DAG 7 DAG 8 DAG 9 DAG 10