Maar wanneer jy bid...
DAG 9 – VERGEEF ONS ONS SKULDE, SOOS ONS OOK ONS SKULDENAARS VERGEWE
“Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe.” (Matt 6:14)
"Ek het dit nie gevoel nie"
Sy was oud en was vir baie jare 'n ouderling in my kerk, maar nou was sy in die hospitaal. Toe ek haar besoek het, het sy vir my gesê: "Moenie vir my bid nie, want ek is verlore." "Hoekom sou jy dit sê?"
Het ek geantwoord. "Leraar, ek het gesondig. Ek het 'n groot sonde gepleeg toe ek jonk was." "Het jy God om vergifnis gevra?" "O, elke dag van my lewe, maar Hy het my nooit vergewe nie." "Hoe weet u dit?" "Wel," het sy gesê, "ek het dit nie gevoel nie." Ons het dit deurgepraat, en aan die einde van ons gesprek het sy vrede en vreugde gehad in haar hart.
Hoe "voel" jy vergifnis? Is dit 'n warm gevoel in jou liggaam, of iets kouds aan jou regterhand, of 'n rilling agter in jou nek? Ruik jy dit?
Die Bybel is duidelik. "As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig." (1 Johannes 1:9). Dit sê nie Hy vergewe net klein sonde of 'n beperkte aantal sondes nie. Dit sê duidelik dat as ons ons sondes bely, Hy hulle ALMAL vergewe. Die voorwaarde is: u moet bely. Die belofte is: God vergewe. Doen u deel, en God sal Sy deel doen.
Vergifnis is nie iets wat u kan voel of wetenskplik bewys nie. Dit is deur geloof. Jy neem God se Woord daarvoor en glo dat God nie lieg nie. U kan dit nie verduidelik nie, u verdien dit nie, maar u weet dat God belowe het en Sy beloftes is 100 persent betroubaar, omdat dit op Sy karakter en Woord gebaseer is. Niks is meer betroubaar as God se Woord nie.
Wanneer u, u sondes bely word u op daardie oomblik vergewe. Jesus het reeds die prys vir u sonde aan die kruis betaal. Hy is "die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem" (Johannes 1:29). Sy bloed is genoeg, en in sy bloed het u verlossing vir al u sondes (Efesiers. 1:7).
Nadat u belydenis gedoen het, moet u geloof beoefen, en kies om te glo dat God doen wat Hy belowe het. "Abraham het in God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken." (Romeine. 4:3).
Onthou, "die regverdiges sal uit die geloof lewe" (Romeine. 1:17). Soos u glo, werk God en word u vergewe. Moenie probeer om dit te verduidelik of te verdien nie. "Want uit genade is julle gered deur die geloof, en dit is nie uit julleself nie, dit is 'n gawe van God" (Efesiers. 2:8).
"U is ook 'n sondaar. U kan nie versoening oor u sondes van die verlede doen nie; u kan u hart nie verander en uself heilig maak nie. Maar God belowe om dit alles vir u deur Christus te doen. U glo daardie belofte. . . . As u die belofte aanneem . . . sal God dit vir u waar maak . . . . Moenie wag om te voel dat u gesond is nie, maar sê, "Ek glo dit; dit is so, nie omdat ek dit voel nie, maar omdat God dit belowe het" (Skrede na Christus, bl. 51).
As u, u oë op Jesus aan die kruis vestig, kry u 'n blik op daardie uiterste manifestasie van liefde: Jesus, die Skepper, die Een wat praat en dit gebeur, die Een waarvoor die engele hulself bedek, die God van die Heelal wat neergedaal het en die menslike vorm aangeneem het. Hy, die Heilige, het u sondes geneem en persoonlik vir u gesterf.
Vestig u oë op die kruis. U sal dan sien dat diegene wat genade ervaar, ook mildelik genade deel. Diegene wat vergifnis ervaar, vergewe. "Die grondslag van alle vergifnis is die onverdiende liefde van God, maar deur ons houding teenoor andere toon ons of ons daardie liefde ons eie gemaak het" (Gelykenisse van Christus, bl. 251).
Kom ons bid saam.
Gebedstyd (30–45 minute)
Alle gebedsgroepe het verskillende maniere om saam te bid. Ons moedig u aan om die volgende 30-45 minute in verenigde gebed deur te bring, op watter manier ook al die Heilige Gees lei. Ons moedig kort gespreksgebede aan (1-3 sinne). Dit laat meer mense toe om verskeie kere te bid.
Hieronder is 'n paar voorbeelde van gebed deur die Skrif gebaseer op die tema. U kan ook deur ander gedeeltes bid en ander onderwerpe in u gebedstyd insluit. Sien die Leiersgids en Wêreldkerk-gebedsversoeke vir gebedsidees.
Bid God se Woord — Matt 6:14
“Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe.”
-
“As julle die mense hulle oortredinge vergewe”
Vader, ons bely dat ons soms nie wil vergewe nie. Bevry ons van bitterheid en wrokke. Verander ons harte en laat U genade deur ons vloei na ander. Verander ons vyande in vriende en verenig ons harte in diens vir U koninkryk.
-
"Julle hemelse Vader julle ook vergewe.”
Dankie, Here, vir die onverdiende gawes van bekering en verlossing. Soms sukkel ons om U vergifnis te aanvaar en probeer ons U guns verdien. Leer ons om U vergifnis met blydskap te ontvang en daardie genade met ander te deel.
Meer gebedsvoorstelle
-
Dank en lof: Dank en loof God vir spesiale seëninge en vir Sy goedheid.
-
Belydenis: Neem 'n paar minute vir privaat belydenis en dank God vir Sy vergifnis.
-
Leiding: Vra God om wysheid te gee vir huidige uitdagings en besluite wat u moet maak.
-
Ons Kerk: Bid vir streek- en wêreldkerk behoeftes (sien aparte blad met versoeke).
-
Plaaslike versoeke: Bid vir huidige behoeftes van kerklede, familie en bure.
-
Luister en reageer: Neem tyd om na God se stem te luister en reageer in lofprysing of liedere.
Voorstelle vir Liedere
SDA Hymnal:
-
Amazing Grace (#108);
-
Old Rugged Cross (#159);
-
Redeemed (#337);
-
Blessed Assurance (#462)
Advent Lofliedere:
-
Hoe wonderbaar is God’s Gena(#189);
-
Verlos o Hoe lieflik die Boodskap(#195)
-
Blye Verseek’ring(#260)
DAG 1 DAG 2 DAG 3 DAG 4 DAG 5 DAG 6 DAG 7 DAG 8 DAG 9 DAG 10